Tractor (Maize)										Afrikaans



Jou trekker kontrolelys – deel 2



Instructions: 

Folio strap: Instandhouding

Byline: Inligting verkry vanuit die Praktiese Vaardighedekursus

Use photos as supplied in article 4-9

Add a tick box picture



In die Mei 2010 uitgawe van die Pula Imvula het ons ‘n aantal kontroles gelys wat gedoen moet word voordat jy jou trekker gebruik. ‘n Trekker is noodsaaklik op die plaas en as jy nie na jou trekker kyk nie, sal dit jou duur te staan kom. Deel 2 van hierdie artikel volg.



Kontroleer die verkoeling sisteem se vloeistof vlak

Kontroleer die watervlak terwyl die enjin koud is. Indien daar nie ‘n aanvullende waterhouer op die trekker is nie, moet die watervlak in die verkoeler aangevul word tot 25 mm vanaf bo. Maak seker dat daar voldoende anti-vries in die verkoelingsmengsel is. 



Kontroleer die 3- punt veiligheidspenne

Maak seker dat daar te alle tye die regte grootte haakpenne en veiligheidspenne gebruik word. 



Kontroleer die boonste verstelbare haakarm

Maak seker dat die boonste verstelbare haakarm geghries is en dat die regte grootte penne gebruik word.



Kontroleer die trekstang

Maak seker dat al die boute op die trekstang vas is en gebruik die korrekte dikte trekstang haakpen.



Die volgende prosedures moet nagekom word alvorens die trekker aangeskakel word:



Maak seker dat jy op die sitplek sit voordat jy die trekker aanskakel

Ken die veiligheidsmaatreëls van elke trekker. By sommige trekkers moet die koppelaar ingetrap wees, terwyl die rathefboom in ‘n neutrale posisie is.



Laat die trekker vir ‘n paar minute luier en kontroleer alle meters en waarskuwingsligte op die instrumentpaneel. Indien iets nie reg is nie, herstel dit voordat daar verder beweeg word. Moet nooit die enjin rewolusies van ‘n trekker onnodig opjaag nie. 



Gebruik altyd die trekker in die korrekte rat en moet nooit toelaat dat ‘n trekker swaarkry nie.



Afskakel van die trekker

Laat die trekker vir ‘n minuut of twee luier ten einde die turbo aanjaer instaat te stel om af te koel alvorens die enjin afgeskakel word. Vul die dieseltenk aan na die dag se werk ten einde kondensasie en waterdruppel vorming in die dieseltenk te voorkom.











